![Die Silwer Stoel (6) [AFRIKAANS]](/_next/image?url=https%3A%2F%2Faizona-bookspace-covers-878992432200-eu-central-1.s3.eu-central-1.amazonaws.com%2Fcover%2F9781485302216.jpg%3Fv%3D1000x1569s1026&w=640&q=82)
by C. S. Lewis
Dis 'n mistroostige herfsmiddag by Die Eksperiment - een van die aakligste skole in Engeland. Arme Jill voel sommer ekstra miserabel (hierdie kwartaal het dertien weke en daar lê nog elf voor) - en toe Eustace haar prober troos met stories oor 'n magiese wêreld wat hy in die somervakansie besoek het, besluit sy hulle enigste hoop is om so gou moontlik daarheen te ontsnap. En glo dit of nie, haar wens word bewaarheid! So gou as wat hulle by die deur in die skoolmuur uit is, ontdek hulle dat hulle nie meer in Engeland is nie, maar in Aslan se wêreld, waar hulle die opdrag kry om na Rilian te gaan soek: Rilian, die geliefde seun van koning Kaspian wat spoorloos verdwyn het in 'n poging om sy ma se dood te wreek. Aslan gee hulle vier belangrike tekens om tydens hulle sending te gehoorsaam, maar hulle mis in hulle haas die eerste drie. Sal hulle die vierde teken ook mis - en is hulle soektog werklik gedoem?
No posts about this book yet. Be the first in the app!
Read it in the app
Highlight, save quotes, share what you read