Die 4 pilare van sukses
Self-HelpPersonal Growth

Die 4 pilare van sukses

by John C. Maxwell

Publisher
Struik Christian Media
Pages
304
Language
English
Published
2009

Overview

Die meeste van ons wil graag sukses behaal in ons lewe. Maar is ons seker presies wat om te doen om ware sukses te behaal? Weet ons watter stappe ons moet doen om in die regte rigting te beweeg? Vir elke persoon is sukses iets anders, maar die beginsels bly dieselfde. In Die 4 pilare van sukses breek John C. Maxwell sukses op in vier kerngedeeltes, die vier pilare van sukses: 1. Mentorskap – om ander te help om vooruit te gaan; 2. Selfverbetering – verbeter jou lewe, verbeter jouself; 3. Sukses – oorkom hindernisse wat jou andersins daarvan weerhou om sukses te behaal; 4. Spanwerk – talent wen wedstryde, maar spanwerk wen kampioenskappe. Die 4 pilare van sukses vra vrae soos: Hoe ontwikkel ek die ingesteldheid van ’n mentor? Hoe kan ek in my loopbaan groei? Waarop moet ek my tyd en my energie fokus? Hoe vaardig is ek in my werk? Hoe goed werk ek saam met mense? Hoe ontwikkel ek ’n span wat hou? Die 4 pilare van sukses sal jou wys presies hoe sukses lyk en jou help om in al vier hierdie gebiede te groei – mentorskap, selfverbetering, sukses en spanwerk. Sukses kweek sukses – in jou, in dié naaste aan jou en in elkeen wat jy lei.

Posts about this book

No posts about this book yet. Be the first in the app!

Ready to Meet Someone Who Reads Like You?

Read it in the app

Highlight, save quotes, share what you read

Get the app